Olimpiese Winterspele 2022

XXIVe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2022

Gehou in Beijing, China
Deelnemende lande 91
Deelnemende atlete 2 871
Items 109 in 7 sporte (15 dissipline)
Openingseremonie 4 Februarie 2022
Sluitingseremonie 20 Februarie 2022
Amptelik geopen deur President Xi Jinping
Atlete-eed Liu Jiayu
Wang Qiang
Beampte-eed Yongchun Tao
Olimpiese vlam Dinigeer Yilamujiang
Zhao Jiawen
Vorige Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)
Volgende Spele 2026: Milaan/Cortina d'Ampezzo (Italië)

Die Olimpiese Winterspele 2022 (Chinees: 2022年冬季奥林匹克运动会; pinyin: Èr Líng Èr'èr Nián Dōngjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die XXIVste Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 20 Februarie 2022 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied.[1] Tydens die geleentheid het 2 871 atlete uit 91 nasies aan 109 items in sewe verskillende sportsoorte deelgeneem. Dit het van dié Winterspele die grootstes in die geskiedenis gemaak.

Die Nasionale Stadion van Beijing

Beijing het daarmee die eerste stad geword wat beide die Olimpiese Somerspele en Winterspele aangebied het ná hulle eerste Olimpiese Somerspele 2008. Verder was dit ná Pyeongchang (2018) en Tokio (2020) die derde agtereenvolgende Olimpiese Spele in 'n Asiatiese stad. Daarbenewens het Beijing ná Sapporo (1972), Nagano (1998) en Pyeongchang (2018) die vierde Asiatiese stad geword waar Olimpiese Winterspele gehou is.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Beijing Nasionale Stadion, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer die Volksrepubliek China laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Nes die Olimpiese Somerspele 2020 ses maande voorheen, wat weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vir een jaar uitgestel is, het dit sonder enige toeskouers plaasgevind. Die spanne van Haïti en Saoedi-Arabië het vir die eerste keer aan Olimpiese Winterspele deelgeneem.[2] Suid-Afrika het nie aan hierdie Olimpiese Winterspele deelgeneem nie.

Die Paralimpiese Winterspele 2022 is tussen 4 en 13 Maart in Beijing gehou.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 30 September 2019.
  2. (en) Michael Pavitt (17 Desember 2021). "Haiti and Saudi Arabia to debut at Beijing 2022 Winter Olympics as Alpine skiers qualify". Inside the Games. Besoek op 14 Maart 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search